# Build One South Africa doen ‘n beroep op die regering om sy bestedingsprioriteite te verander ten einde die lewenskoste te help verlig. Die party vra in aanloop tot die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring volgende week, dat meer geld bestee word aan die herstel van waterinfrastruktuur, werkskepping, die verbetering van polisiëring en om munisipaliteite tot verantwoording te roep. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, stel ‘n vermindering van drie-rand per liter in die brandstofheffing voor vir November, Desember en Januarie, om motoriste tydens die feestyd by te staan.
BOSA stel vyf begrotingsingrypings voor om druk op Suid-Afrikaners te verlig