Skip to content

Russiese vrou beboet oor vals KI-geskepte foto van ‘n beer

# Russiese owerhede het begin met strenger stappe teen vals, kunsmatige intelligensie-geskepte foto’s van bere te midde van ‘n toename in werklike aanvalle. ‘n Vrou het met ChatGPT ‘n foto van ‘n beer in ‘n dorpie geskep en as ‘n grap met ‘n vriend gedeel. Die foto is wyd versprei op sosiale media, waarop angstige inwoners die polisie en veldwagters verwittig het. Die vrou is met drie-duisend-rand beboet. Minstens 26 mense is sedert die lente in Rusland dood in beer-aanvalle namate honger bere dorpe binnekom op soek na kos.