# Krieket: Matthew Breetzke kan sy derde toets vir Suid-Afrika speel in die tweede kragmeting met Australië in Gqeberha. Hy vervang Tristan Stubbs in die groep wat die eerste toets in Durban verloor het. Breetzke het nog nie in toetse vir die Proteas uitgeblink nie, maar het wel beïndruk in eendagwedstryde vir die land, onder meer ’n honderdtal in verlede maand se eerste eendagwedstryd teen Australië in Durban. Ryan Rickelton sal as paaltjiewagter oorneem, hoewel Kyle Verreynne steeds deel van die groep is. Die tweede toets begin Sondag.
Krieket: Breetzke vervang Stubbs in Protea-groep vir tweede toets teen Australië