# Transnet Port Terminals voer gesprekke met die privaat sektor oor twee groot vennootskappe om vermoë uit te brei en doeltreffendheid te verbeter. Uitvoerende hoof Jabu Mdaki, sê die projekte fokus op die Ngqura-mangaan-uitvoerdeurgang in die Noord-Kaap en die Richardsbaaise terminaal vir droë grootmaatvrag in KwaZulu-Natal. Die afdeling belê jaarliks sowat vier-miljard-rand in toerusting en het in die huidige boekjaar ‘n inkomsteverhoging van ses-persent aangeteken. Transnet beplan ook verdere vennootskappe op terminale wat onderpresteer, terwyl bedryfsprobleme op die Durbanse terminaal aangepak word nadat nuwe tegnologie aangebring is.
Transnet beoog nuwe privaat sektor-vennootskappe op twee hawens