# Krieket: ‘n Splinternuwe Pakistanse groep gaan van volgende Woensdag teen Engeland speel in die laaste toets op Edgbaston. Hoofafrigter Sarfaraz Ahmed en boul-afrigter Umar Gul is afgedank en sewe spelers huis toe gestuur na die besoekers se swak vertoning in die eerste twee wedstryde. Pakistan het op Headingly die spit afgebyt met ‘n beurt […]
# Industrial giant Bidvest is advancing a 2.5-billion-rand capital expenditure plan by constructing a second liquefied petroleum gas terminal at Richards Bay in KwaZulu-Natal. Group CEO Mpumi Madisa says the major investment in its freight division signals the group’s confidence in South Africa’s prospects. The country has a huge LP Gas supply deficit. Local energy […]
# Die Padverkeersbestuurskorporasie sê Suid-Afrika se lente is meer as ‘n oorgang vanaf winter na warmer weer. Woordvoerder Simon Zwane versoek motoriste, voetgangers en vervoeroperateurs om voor te berei vir ‘n seisoen waarin weerstoestande vinnig kan verander, sigbaarheid beperk kan wees en bestuurders uitdagende padtoestande kan ervaar:
# Die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid se 2026 Sake-omgewingsopname sê streng arbeidswetgewing en regulatoriese vereistes is van die grootste struikelblokke vir ekonomiese groei. Volgens die opname onder 369 ondernemings, beskou byna 80-persent van ondernemings met meer as 200 werknemers arbeidswette as ‘n ernstige beperking. Ondernemings het verwys na vaardigheidstekorte en rompslomp. Sekere ondernemings […]
# Forum for South Africa veroordeel munisipaliteite wat inwoners straf wat boorgate geïnstalleer het omdat hulle nie betroubare water van die munisipaliteit ontvang het nie. Die woordvoerder van die Forum, Tebogo Mashilompane sê dit is onaanvaarbaar om inwoners te straf omdat hulle hul eie oplossings vind vir basiese diensverskaffingsprobleme. Hy sê inwoners betaal vir boorwerk, […]
# Eskom se groep-finansiële hoof, Calib Cassim, sal in die 2027-boekjaar aftree nadat hy 24 jaar vir die kragvoorsiener gewerk het. Cassim het ook ‘n jaar as waarnemende groep- uitvoerende hoof van Eskom gedien. Die kragvoorsiener se raad het reeds begin met die proses om ‘n opvolger aan te wys om ‘n gladde oorgang te […]
# Veertien munisipaliteite is in gevaar van kragonderbrekings as hul nie teen môre verspreidingsooreenkomste met Eskom sluit nie. Die Nasionale Tesourie sê nie een van die betrokke munisipaliteite het tot dusver ‘n verspreidingsagentskapsooreenkoms met Eskom onderteken nie. Die munisipaliteite skuld Eskom reusebedrae, met munisipale skuld van altesaam 119-miljard-rand. Eskom sal ingevolge die ooreenkomste tydelik die […]
# Die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap ervaar tans ‘n skielike toename in klein vlieënde insekte wat dikwels met muskiete verwar word. Die metro se woordvoerder, Luzuko Buku, het inwoners ná raadpleging met entomoloë verseker die insekte is onskadelik. Hy sê hul byt nie en hou geen gesondheidsgevaar in nie. Buku sê die ongewone weerpatrone […]
# Die DA in Gauteng beskuldig premier Panyaza Lesufi dat hy nie optree teen korrupsie-beskuldigde amptenare nie en hul herontplooiing toegelaat het. Woordvoerder Solly Msimanga eis hulle moet op die nasionale swartlys geplaas word. Hy sê die voormalige Gautengse departementshoof van Gesondheid, Arnold Malotana, wat met die Tembisa-hospitaalskandaal en ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid verbind […]