# Minstens drie mense in Oekraïne is dood in Russiese hommeltuigaanvalle, terwyl sowat 370-duisend mense sonder elektrisiteit is. Twee mense is dood en 12 beseer in aanvalle op die oostelike stad Kharkif. ‘n Hommeltuig het in die noordwestelike Volyn-streek, naby die Poolse grens, ‘n voedselverwerkingsaanleg getref, waarin een persoon dood is en agt beseer is. Aanvalle het ook winkelsentrums in Sumy and Rivne beskadig, waar sewe mense beseer is. Krag is intussen weer herstel na sowat 100-duisend mense, maar kragonderbrekings in die stad Lutsk kan nog minstens 24 uur duur.
Russiese hommeltuigaanvalle eis drie lewens en ontwrig kragtoevoer aan honderde duisende