# Limpopo se departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid het twee busse wat van Zimbabwe op die N1 naby Polokwane gereis het, voorgekeer. Die woordvoerder Mashudu Mabata sê die busse het 178 passasiers vervoer, wat 29 meer is as hul gesamentlike kapasiteit. Daarbenewens, het 65 passasiers, insluitend 28 minderjariges, volgens berigte ook nie oor paspoorte beskik nie. Sy het bevestig immigrasiebeamptes en honde-eenhede het inspeksies uitvoer, terwyl albei bestuurders moontlik ingevolge die Immigrasiewet aangekla kan word:
Twee oorlaaide busse naby Polokwane onderskep [KLANK]
ENG-MabataOnBuses