Skip to content

Krieket: Reën verhoed ook spel op tweede oggend van tweede toets

# Krieket: Reën veroorsaak steeds chaos in die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië in Gqeberha. Minder as 13 boulbeurte is gister op die eerste dag geboul, en vanoggend se spel is ook verlore weens reën en ‘n nat veld. Die Proteas was gister op 20 vir twee nadat Scott Boland die paaltjies geneem het van Aidan Markram vir elf en David Bedingham vir ‘n nulletjie. Australië het die eerste van drie toetste in Durban met 214 lopies gewen.