# Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton sê die moontlikheid om Ferrari se eerste swart Formule Een-jaer te word wat ‘n tuiswedren wen, sal uitsonderlik wees. Die Brit se hoop op ‘n oorwinning in die naweek se Italiaanse Grand Prix behoort versterk te word deur die aankoms van Ferrari se tweede enjinopgradering van die seisoen. […]
# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het ‘n deurbraak in uitvoeronderhandelings met Egipte aangekondig wat ‘n beduidende hupstoot vir Suid-Afrika se rooivleisbedryf kan beteken. Hy sê die ooreenkoms is ‘n belangrike mylpaal vir die landbousektor, wat die afgelope tyd teen een van die ergste uitbrekings van bek-en-klouseer in dekades worstel. Aucamp sê Suid-Afrika en […]
# Die D449 naby Tshedza Ha-Mailula in Limpopo is tydelik gesluit ná ‘n botsing tussen drie voertuie. Die provinsiale Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Mashudu Mabata, sê wetstoepassing en noodspanne is tans op die toneel. Motoriste word versoek om alternatiewe roetes te gebruik. Mabata vra motoriste om waaksaam te wees, versigtig te bestuur […]
# Krieket: ‘n Jong Protea-span hoop op ‘n heel eerste T20-oorwinning oor die gasheer in vandag se driehoekreeks-wedstryd in die Namibiese hoofstad, Windhoek. Suid-Afrika het verlede week die openingswedstryd teen Namibië verloor, wat kaptein Björn Fortuin as ‘n groot ontnugtering beskryf het. Die Proteas het Zimbabwe daarna egter twee keer verslaan en sal met ‘n […]
# Altesaam 411 verdagtes is gister in Olievenhoutbosch en Wierdabrug in Tshwane in hegtenis geneem tydens Operasie Shanela. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die verdagtes is aangekeer vir misdade wat wissel van moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting. Hy voeg by 100 onwettige immigrante is ook aangehou en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
# Automaker Volkswagen has approved a sweeping cost-cutting plan that would cut 50-thousand jobs, slim the company’s model line by half and end car production at four German plants. The company says it has excess production capacity of 500-thousand vehicles in Europe, and that a competitive future production allocation cannot be secured for plants in […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement waarsku teen ‘n bedrogspul waarin vals onderwysposte in ruil vir geld aangebied word. Bedrieërs gebruik WhatsApp-boodskappe waarin hul voorgee om skoolhoofde of distriksamptenare te wees, en belowe vaste poste teen betaling van ‘n magtigingsfooi van sowat twee-duisend-800-rand. Die WKOD se woordvoerder, Bronagh Hammond, sê wettige aanstellings vereis nooit betaling nie. Sy […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, wil langer rus tussen toernooie om ‘n herhaling te voorkom van die besering wat hom vier maande op die kantlyn gehou het. Die verdedigende kampioen is steeds op koers na ‘n derde Amerikaanse Ope-titel nadat hy die derde ronde gehaal het. Die 23-jarige Spanjaard sê dis onmoontlik om die […]
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings is as ‘n vriend van die hof toegelaat in ‘n saak voor die Appèlhof rakende uitvoere van die horings van renosters wat in aanhouding geteel is. Dit beïnvloed beskermde spesies en diere wat in aanhouding geteel word. Die DBV sê die diere se welsyn as geheel moet voorkeur kry […]