# Professor Sue Harrison, ‘n emeritus-professor van die Universiteit van Kaapstad, is verkies tot Internasionale Genoot van die Royal Academy of Engineering ter erkenning van haar bydrae tot ingenieursnavorsing, innovasie en kapasiteitsontwikkeling. Harrison, tans adjunk-visekanselier vir Navorsing en Innovasie aan die Universiteit van Queensland in Australië, was 30 jaar lank werksaam by Universiteit van Kaapstad, […]
# ArcelorMittal Suid-Afrika is in gesprek met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie oor ‘n ooreenkoms van drie-miljard-rand om die toekoms van die land se staalbedryf te verseker. Die korporasie het aangebied om ‘n belang van 80-persent in die sukkelende staalvervaardiger te verkry, maar onderhandelings word vertraag deur meningsverskille oor die maatskappy se struktuur vir swart ekonomiese bemagtiging. Die […]
# Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê ekonomiese groei en die skep van werksgeleenthede was die hooffokus van sy onlangse besoek aan die VSA. Hy het samesprekings met Amerikaanse regerings- en sakeleiers gevoer om bande op die gebied van handel, belegging en toerisme te versterk. Die premier het ook die provinsie se planne […]
# Die Wes-Kaapse regering bied befondsde opleiding en vakleerlingskappe aan vir werklose jongmense in al ses streke van die provinsie. Die programme sluit loodgieters en elektriese werk in, asook opleiding in konstruksie, gesondheid en veiligheid, opmeting en bouwerk. Dirk Wessels van die DA sê aansoekers tussen die ouderdomme van 18 en 30 wat kwalifiseer kan […]
# Business Leadership South Africa sê die regering moet sy ekonomiese hervormings en beleidsverbintenisse op koers hou. Die organisasie ondersteun Eskom se plan om voor te berei vir ‘n meer mededingende elektrisiteitsmark, met meer privaat ondernemings wat krag verskaf. Dit wil ook vordering hê met die skeiding van die nutsmaatskappy se transmissiebesigheid en die vermindering […]
# Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet ‘n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na ‘n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor hoe die voorval plaasgevind […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat sardynvangste beperk, sal vandeesweek hersien word. Die maatreël, wat ingestel is ná berigte oor sardyne wat vrek langs die noordelike Wildekus, bly tot Vrydag van krag. Wetenskaplikes sal die jongste verslae, laboratoriumbevindinge en visvangdata oorweeg voordat hulle aanbevelings maak. Die departement […]
# Die voormalige minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse hoof van die SANW, generaal Solly […]
# Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het die betaling van September-salarisse aan alle werknemers van die Zululand-distriksmunisipaliteit verwelkom. Dit volg na ‘n ingryping deur sy departement. Die LUR het die munisipaliteit opdrag gegee het om die saak dringend op te los. Siboniso Mngadi van die departement sê munisipaliteite […]