# Krieket: Kaptein Temba Bavuma en die veelsydige Marco Jansen het Suid-Afrika se terugvegpoging gelei op die derde dag van die baie nat tweede toets teen Australië in Gqeberha. Die Proteas het hulle eerste beurt op 95 vir vyf hervat nadat baie min spel moontlik was op die eerste twee dae. Wiaan Mulder het toe sy paaltjie verloor voor Bavuma en Jansen hulle sewendepaaltjie-vennootskap begin bou het. Dit is eers 132 lopies later beëindig toe Jansen Scott Boland se vyfde slagoffer geword het met sy telling op 85.
Krieket: Bavuma, Jansen lei Proteas se terugvegpoging op derde dag in Gqeberha