# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se goedkeuringsyfer het tot ‘n rekordlaagtepunt van 31-persent gedaal, minder as drie weke voor die middeltermyn-verkiesing. ‘n Nuwe opname van Reuters en Ipsos toon slegs 35-persent van geregistreerde kiesers sal vir die Republikeine stem, vergeleke met 47-persent wat die Demokrate steun. Stygende brandstofpryse en kommer oor die ekonomie dra by tot groeiende ontevredenheid rondom Trump se prestasie. Die verkiesing sal bepaal watter party die Kongres beheer. ‘n Oorwinning vir die Demokrate kan dit vir Trump moeiliker maak om sy politieke agenda deur te voer.
Trump se steun daal tot nuwe laagtepunt voor middeltermyn-verkiesing