# Soil of Africa sê die uitdagings waarmee baie munisipaliteite worstel, beklemtoon hoe belangrik dit is om bekwame en etiese openbare verteenwoordigers te verkies. Die beweging se woordvoerder, Luzuko Sofute, sê sterk munisipaliteite begin met verantwoordelike leierskap wat die behoeftes van gemeenskappe bo persoonlike of politieke belange stel. Hy steun die minister van Samewerkende Regering […]
# Rugby: Min skolewedstryde kry meer aandag as vandag se interskole-kragmeting tussen Gimnasium en Boishaai in die Paarl. Die Bolandse dorp is weer verdeeld vir die jaarlikse stryd, met die hoofwedstryd tussen die eerste spanne wat om vier-uur by die Faurestraat-stadion afskop. Gimmies wil verlede jaar se nederlaag wreek nadat hulle verlede jaar ‘n voorsprong […]
# Die regering van die Wes-Kaap het sy eerste ministeriële rondetafel-bespreking oor infrastruktuur gehou, wat regerings-, sake- en bedryfsleiers bymekaarbring om infrastruktuurontwikkeling in die provinsie te versnel. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, het ook planne aangekondig om sewe grondgedeeltes vir meer as tien-duisend behuisingsgeleenthede vry te stel en vennootskapsooreenkomste onderteken om infrastruktuurontwikkeling en ekonomiese […]
# ‘n Aardbewing met ‘n sterkte van 4,7 het Vrydag die Campi Flegrei-gebied naby die suidelike Italiaanse stad Napels getref en kragonderbrekings, ontwrigtings van trein- en metrodienste, asook skade aan geboue veroorsaak. Die aardbewing se middelpunt was in die Campi Flegrei-gebied wes van Napels op ‘n diepte van sowat drie kilometer. Kleiner aardbewings kom algemeen […]
# Cosatu verwelkom die Kabinet se goedkeuring van verdere hervormings aan Eskom se struktuur en tariefstelsel. President Cyril Ramaphosa het die Fase Een-verslag van die Eskom-herstruktureringstaakspan goedgekeur, wat die weg baan vir die herstrukturering van Suid-Afrika se elektrisiteitsektor. Cosatu se woordvoerder Matthew Parks sê egter hy is gekant teen Eskom se ontbondeling omdat die vakverbond […]
# Sokker: Plaasvervanger Hildah Magaia het Vrydag in die nege minuut van ekstra tyd ‘n laat doel aangeteken en ‘n 2-2-gelykopuitslag vir Suid-Afrika teen die Ivoorkus in die Vroue-Afrika-bekertoernooi in Marokko verseker. Die Ivoorkus het rustyd met 2-0 voorgeloop in die Groep B-wedstryd danksy twee doele deur die 18-jarige Grace Sery. Thembi Kgatlana het die […]
# Traderbag dring aan Suid-Afrikaanse kleinhandelaars moet wegbeweeg van plastiek inkopiesakke. Hy waarsku verbruikers dra die groeiende finansiële en omgewingskoste. Declan Cherry van die maatskappy sê kopers betaal dikwels meer as die regeringsheffing sonder om te weet hoe die geld gebruik word, terwyl slegs ‘n klein persentasie plastieksakke herwin word. Cherry sê die oorskakeling na […]
# Action Society sê hulle sal voortgaan om die saak teen adjunkpresident Paul Mashatile se agt BBP-beskermingsbeamptes te monitor nadat die verhoor tot Februarie volgende jaar uitgestel is. Die beskuldigdes, wat die Blouligmafia genoem word, staan tereg op aanklagte wat verband hou met die aanranding van motoriste op die N1-snelweg in Johannesburg in 2023, ‘n […]
# Krieket: Volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Suider-Afrika sal ‘n driefase-formaat met 14 spanne volg. Die onderste drie lande sal ‘n rondomtalie-superreeks speel. Die wenner dring deur na die volgende rondte, waar twee groepe van ses ook in ‘n rondomtalie-formaat sal speel. Die top drie spanne in elk sal kwalifiseer vir die Super 7-fase vanwaar […]