# Australië het die eerste keer die H5-voëlgriepvirus in ʼn suidelike see-olifant en ʼn kelpmeeu op die sub-Antarktiese Macquarie-eiland gevind. Die afgeleë eiland is ʼn belangrike broeiplek vir die natuurlewe, soos kwesbare see-olifante en pikkewyne. Owerhede vrees die virus kan in die broeityd aansienlike vrektes onder robwelpies veroorsaak. Meer as 13-duisend welpies op die nabygeleë Heard-eiland het vermoedelik aan voëlgriep gevrek. Die gevaar vir mense in Australië is klein en geen gevalle is onder pluimvee aangemeld nie.
Voëlgriep op Australië se Macquarie-eiland gevind