# Die Stad Kaapstad sê damvlakke het gedaal tot 75,5-persent, vergeleke met 92,4-persent in dieselfde tyd verlede jaar. Die stad versterk waterbesparingsmaatreëls, insluitend die herstel van lekkasies en die vervanging van ou pype, terwyl waterbeperkings oorweeg word in die aanloop tot ‘n verwagte warmer en droër somer. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, […]
# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-vakbond sê die ontsnapping van ‘n gevangene uit die Rooigrond Korrektiewe Sentrum in Noordwes het uitdagings by korrektiewe fasiliteite onder die soeklig geplaas. Die vakbond verwelkom Edward Madiba se herarrestasie, maar die voorval wek kommer oor verouderende infrastruktuur, sekuriteitswakhede en personeeltekorte. Johannes Dire van Popcru sê korrektiewe beamptes het genoeg personeel, […]
# Die staatsbeheerde logistieke groep Transnet het ‘n wins van 4,6-miljard-rand aangekondig vir die boekjaar tot Maart 2026. Dit is sy eerste jaarlikse wins in vier jaar. Die maatskappy sê die resultaat is hoofsaaklik gedryf deur die verkoop van sy Pier 2-terminaal en verbeterde spoor- en pyplynvolumes. Inkomste het met 7,1-persent tot 88,6-miljard-rand gestyg. Transnet […]
# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Julie met 1,1-persent gestyg teenoor dieselfde maand verlede jaar. Kos en drank, asook petroleum en chemiese produkte, was van die grootste bydraers tot die groei. Seisoensaangepaste produksie het van Junie af ook met 2,2-persent gestyg. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het met 3,9-persent in Julie gestyg […]
Atletiek: Prysgeld van meer as 160-miljoen rand is op die spel tydens Wêreldatletiek se Ultimate kampioenskap, wat vandag in Boedapest in Hongarye begin. Sowat 380 atlete neem deel, waaronder ses Suid-Afrikaners. Die mans-wêreldrekordhouer in paalspring, die Sweeds-Amerikaanse atleet Mondo Duplantis, is een van die groot trekpleisters. Daar is geen kwotastelsel vir lande nie, met deelname […]
# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, sê die regering verskerp pogings om uitheemse en indringerspesies op die Tuinroete in die Wes-Kaap aan te pak. Hy het ‘n operasie in Plettenbergbaai bekendgestel om plase en eiendomme te inspekteer en nakoming van omgewingswette te ondersoek. Tussen 2021 en verlede jaar is meer […]
# Die Stad Johannesburg het inwoners aangeraai om gereeld hul waterverbruik te monitor en lekkasies op te spoor om onverwagte hoë rekeninge te vermy. Die stad sê inwoners moet lekkasies buite hul eiendomme onmiddellik aanmeld, terwyl lekkasies binne eiendomme gewoonlik die verantwoordelikheid van die eienaar is. Kliënte word ook aangemoedig om hul meterlesings na te […]
# Standard Bank waarsku die droë toestande gekoppel aan die 2026/2027 El Niño-verskynsel, kan gewasse, vee, voedselpryse en die breër ekonomie beïnvloed. Die bank sê droogte, hitte en laer reënval kan druk op boere en watervoorrade plaas. Hy sê dit kan ook lei tot hoër voedselkoste en kan ekonomiese groei beïnvloed. Louis van Ravesteyn van […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die Departement sal volgende week ‘n versoek om inligting publiseer vir die herontwikkeling van die gebied romdom Telkom Towers in Pretoria. Die projek sal na verwagting tot 2,2-miljard rand kos en meer as vyf-duisend-300 geleenthede vir konstruksiewerkers skep. Planne sluit ook die Openbare Werke-gebou […]