Skip to content

WNNR-model dui op nog koalisies na plaaslikeregeringsverkiesing

# Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad sê koalisieregerings gaan waarskynlik ʼn kenmerk van plaaslike regering bly ná Suid-Afrika se verkiesing op 4 November. Die WNNR gebruik statistiese modellering wat op kiesers se gedragspatrone gebaseer is om verkiesingsuitslae te voorspel. Professor Pravesh Debba sê voorspellings vir sommige munisipaliteite het moontlik ʼn foutmarge van twee-persent. Hy sê vroeë aanduidings kan politieke partye help om vir moontlike koalisies voor te berei wanneer uitslae bekend is.