# Die Congress of the People doen ‘n beroep op die Regering van Nasionale Eenheid om werkloosheid tot ‘n nasionale ramp te verklaar en ‘n dringende werk- en jeugindiensnemingsprogram in te stel. Die oproep volg nadat die land se amptelike werkloosheidsyfer in die tweede kwartaal van 2026 tot 33,6-persent gestyg het, vergeleke met die vorige […]
# Die minster van Toerisme, Patricia de Lille het die aanstelling van die nuwe Suid-Afrikaanse Toerismeraad verwelkom en sê dit sal die nodige leierskap bied om groei te bevorder en die sektor te vernuwe. Die raad van elf lede bring kundigheid in toerisme, bestuur, finansies, digitale innovering en belegging, en sal vir drie jaar dien. […]
# AgriSA, Agri Wes-Kaap en die Inmaakvrugteprodusentevereniging vra dringende gesprekke met Premier Foods oor planne om sagtevrugte-inmaak by sy Tulbagh-aanleg voor die 2026/2027-oes te staak. Die organisasies waarsku die sluiting kan meer as 200 vrugteprodusente, duisende werksgeleenthede en die breër Wes-Kaapse vrugtebedryf raak. Hulle doen ‘n beroep op premier Alan Winde om bestaande ondernemings na […]
# Die DA sê die nuutste opname deur die Sosiale Navorsingstigting toon die party se nasionale steun het tot 30-persent gestyg, wat die gaping met die ANC tot sewe persentasiepunte verminder, voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die peiling plaas die ANC se nasionale steun op 37-persent, met die DA op 30-persent, terwyl die […]
# Rugby: Die slot Miles Amatosero sal minstens die Wallabies se volgende wedstryd misloop na sy rooikaart tydens verlede naweek se oorwinning oor Japan in Osaka. Hy is in die 33ste minuut afgestuur vir gevaarlike spel. Amatorsero sal nie in die komende naweek se terugkeerwedstryd in Townsville speel nie, en sal ook ‘n klubwedstryd vir […]
# Krieket: Draaibouler Björn Fortuin sal die Proteas in die T20-driehoekreeks in Namibië aanvoer, asook in ‘n eendagreeks. Suid-Afrika en sy mede-gashere vir volgende jaar se eendagwêreldbeker, Namibië en Zimbabwe, sal vanaf die 28ste in die hoofstad Windhoek speel, gevolg deur drie eendagwedstryde teen die gashere. Die broers van twee Proteas is gereed om ook […]
# Die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ‘n wetsontwerp ingedien om die Wet op Oproerige Byeenkomste uit die apartheid-era te herroep en te vervang met nuwe wetgewing oor sameswering en aanhitsing om ernstige oortredings te pleeg. Minister Mmamoloko Kubayi het aan die media gesê die veranderinge sal die wet in lyn bring met […]
# Die Wes-Kaapse regering sê dhy gaan pogings verskerp om beleggings te lok en meer werksgeleenthede te skep, na die provinsie se werkloosheidsyfer tussen April en Junie tot 19,5-persent gedaal het. Die provinsie het op ‘n jaargrondslag 91-duisend werksgeleenthede geskep, met sterk groei in finansies, handel en landbou. Regan Thaw van die provinsiale regering sê […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging is bekommerd oor die stygende werkloosheidsyfer, wat tussen April en Junie tot 33,6-persent gestyg het. Volgens die vakbond het 345-duisend meer mense werkloos geraak, terwyl jeugwerkloosheid tot 47,4-persent gestyg het. Phakamile Hlubi-Majola van MISA vra die regering, sake-ondernemings en arbeid om saam te werk om permanente werkgeleenthede te skep, in vaardighede te […]