# AfriForum het die regskenner Martin van Staden aangestel as die hoof van sy pasgestigte Instituut vir Federalisme. Die instituut sal fokus op navorsing en beleidsontwikkeling rondom federalisme, selfbeskikking, desentralisasie en gemeenskapsoutonomie. Van Staden, wat voorheen die hoof was van beleid by die Vryemarkstigting, sal steeds daar ’n senior adviserende rol beklee. AfriForum se adjunk-uitvoerende hoof, Werner Human, sê die aanstelling sal die organisasie se navorsingsvermoë versterk, asook sy pogings om gemeenskapsgebaseerde bestuur as ’n alternatief vir sentralisering bevorder.
AfriForum stel Martin van Staden aan as hoof van die nuwe Instituut vir Federalisme [KLANK]
AFR-HumanOnFederalism
AFR-HumanOnFederalism