# ‘n Alumnus van die Universiteit van Pretoria, doktor JK Moeng, is aangestel as landbou-attaché in die Suid-Afrkaamse ambassade in die Italiaanse hooftad, Rome. Sy sal Suid-Afrika verteenwoordig in die middelpunt van internasionale voedselbestuur en daagliks skakel met agentskappe soos die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie en die Wêreldvoedselprogram. Moeng sê sy het grootgeword op die plattelandse dorp Matatiele in die Oos-Kaap waar hulle ‘n bestaan gemaak het uit landbougewasse en veeteelt. Sy voeg by dis waar sy geleer het landbou kan mense se voortbestaan voldoende onderhou.
UP alumnus gaan verskil maak in SA ambassade in Rome