# Die Departement van Water en Sanitasie vra Suid-Afrikaners om die 17-jarige Sikhulile Nkosi te ondersteun terwyl hy voorberei om die land later die maand in Stockholm, Swede, te verteenwoordig op die Junior Waterprys-geleentheid. Die graad 11-leerder van die Sekondêre Skool Sitintile in Mbombela, Mpumalanga, het die Suid-Afrikaanse Jeugwaterprys gewen vir die ontwikkeling van ‘n beskermende laag in plastiekhouers wat die uitlek van mikroplastiek- en chemiese besoedeling na drinkwater verminder. Wisane Mavasa van die departement sê die stemming vir die Publiek se keuse-toekenning sluit op 15 Augustus.
Department steun jong Suid-Afrikaner op internasionale watertoekennings