Skip to content

US professor Jansen as genoot van Britse Akademie verkies

# ‘n Professor in Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, Jonathan Jansen, is een van 92 vooraanstaande akademici wat as genoot van die Britse Akademie verkies is. Die akademici het erkenning ontvang vir hul uitstaande bydraes tot die geestes- en sosiale wetenskappe. Vanjaar is 58 nuwe genote is uit 25 universiteite regoor die Verenigde Koninkryk, saam met 30 Internasionale genote uit onder meer die VSA, Ierland, Suid-Afrika, Australië en Frankryk. Jansen sê dit is die grootste eer vir ‘n akademikus om dié gesogte genootskap te ontvang.