Skip to content

TUT se argitektuurstudente verteenwoordig Suid-Afrika in Frankryk

# Twee finalejaar-Argitektuur-studente aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het die nasionale St-Gobain-argitekstuurstudentkompetisie gewen. Damian Ciaglia en Dineo Mogane se projek, Re:Light, is ʼn volhoubare ontwerp wat lig, hout en plaaslike erfenis integreer om ʼn energieke gemeenskapsentrum te skep. Ciaglia en Mogane verteenwoordig Suid-Afrika volgende week op die internasionale St-Gobain-argitekstuurstudent-kompetisie in Frankryk. Dis die derde agtereenvolgende jaar dat TUT-studente aan die kompetisie deelneem.