# The National Director of Public Prosecutions has provisionally withdrawn criminal charges against the head of Crime Intelligence Dumisani Khumalo, the head of the police’s Crime Intelligence Technical Support Services, Dineo Mokwele and their co-accused. The decision follows representations made by the accused and advice from the Investigating Directorate Against Corruption that further investigation is […]
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging het die strafregtelike aanklagte teen die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, asook die hoof van die polisie se Tegniese Ondersteuningsdienste by Misdaadintelligensie, Dineo Mokwele en hul medebeskuldigdes voorlopig teruggetrek. Die besluit volg na vertoë deur die beskuldigdes en advies deur die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie dat verdere ondersoeke nodig […]
# Die Madlanga-kommissie het die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, ondervra oor die bedrogsaak teen Generaal-majoor Nosipho Madondo. Die getuienisleier Mahlape Sello het gevra watter bedrieglike gedrag Madondo na bewering gepleeg het met betrekking tot haar oorplasing na ‘n ander pos. Johnson het gesê die bewerings is vervat in verklarings in die […]
# Rugby: Die Stormers-stut Ntuthuko Mchunu het by die Springbok-kamp in Johannesburg aangesluit, blykbaar weens kommer oor die fiksheid van die ervare nommer een, Ox Nché. Mchunu het vroeër die maand sy vierde toets vir Suid-Afrika gespeel in die Nasieskampioenskapswedstryd teen Skotland. Hy is aanvanklik aan die Stormers vrygestel vir volgende Vrydag se toerwedstryd teen […]
# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, sê strafregtelike aanklagte sal aanhangig gemaak word nadat die identiteit van ‘n beskermde getuie na bewering doelbewus uitgelek is. Madlanga sê die getuie het anoniem in ‘n geslote sitting voor die kommissie getuig. Hy sê die kommissie sal regstappe doen teen die persoon wat verantwoordelik is vir […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering het beduidende vordering gemaak met die verwerking van ongedokumenteerde buitelandse burgers sedert die migrasieprobleme in Junie toegeneem het. Die Grensbestuursowerheid het tussen 7 Junie en 14 Julie 72-duisend-906 repatriasies by alle grensposte verwerk. Die meerderheid van die burgers wat by die Musina […]
# Die Duitse minister van Binnelandse Sake, Alexander Donbrindt, het die voorval waarin ‘n aanvaller met ‘n voertuig in ‘n skare by Berlyn se grootste LGBTQ+-geleentheid ingejaag het, as ‘n Islamitiese terreuraanval beskryf. ‘n Vrou is dood en ten minste 29 is beseer in die Tiergarten-park. Donbrindt sê die verdagte, geïdentifiseer as die 21-jarige Abdul […]
# Rugby: Die Boland Kavaliers het 28 onbeantwoorde punte in die tweede helfte aangeteken om ‘n bonuspuntoorwinning van 41-3 oor die Stormers-23 te behaal in hulle Curriebeker-wedstryd in Wellington. Die vleuel Jayden Bantom het drie drieë gedruk en met vyf skoppe geslaag vir ‘n totaal van 26 punte. Dit was Boland se tweede oorwinning van […]
# Justice and Constitutional Development minister, Mmamoloko Kubayi, says government has made significant progress in processing undocumented foreign nationals since migration pressures intensified in June. The Border Management Authority has processed 72-thousand-906 repatriations through all ports of entry between 7 June and 14 July. The majority of nationals processed at the Musina Temporary Repatriation Processing Centre […]