Skip to content

Rugby: Boland behaal ‘n oortuigende oorwinning oor Stormers-23 in die Curriebeker

# Rugby: Die Boland Kavaliers het 28 onbeantwoorde punte in die tweede helfte aangeteken om ‘n bonuspuntoorwinning van 41-3 oor die Stormers-23 te behaal in hulle Curriebeker-wedstryd in Wellington. Die vleuel Jayden Bantom het drie drieë gedruk en met vyf skoppe geslaag vir ‘n totaal van 26 punte. Dit was Boland se tweede oorwinning van die kompetisie en hulle is tweede op die punteleer, terwyl die Stormers hul eerste nederlaag gely het na verlede naweek se oorwinning oor Griekwas. Hulle is nou sesde.