Skip to content

Klagtes teen Dumisani Khumalo en andere voorlopig teruggetrek

# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging het die strafregtelike aanklagte teen die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, asook die hoof van die polisie se Tegniese Ondersteuningsdienste by Misdaadintelligensie, Dineo Mokwele en hul medebeskuldigdes voorlopig teruggetrek. Die besluit volg na vertoë deur die beskuldigdes en advies deur die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie dat verdere ondersoeke nodig is voordat ‘n finale besluit geneem kan word. Die Openbare Vervolger het gelas dat die saak kan nie weer geregistreer word of nuwe aanklagte aanhangig gemaak word sonder skriftelike goedkeuring nie.