Skip to content

Suid-Afrika vereer graanboere by Groei vir Goud-toekennings

# Suid-Afrika se voorste graanboere is by die Groei vir Goud-toekennings in Gauteng vereer vir hul uitsonderlike opbrengste, vernuwing en bydrae tot nasionale voedselsekerheid. Corné Louw van Graan SA sê vanjaar se toekennings was geskiedkundig met ʼn skerp toename in nuwe nasionale rekords in die kategorieë vir mielies, koring en sojabone. Hy sê die Noordelike en Suidelike Besproeiingskategorieë het nuwe oesrekords vir koring opgelewer, terwyl ses mielie-streekskategorieë met nuwe rekords spog. Louw sê sojaboonboere het drie nuwe rekords opgestel.