Skip to content

Suid-Afrika is een van die wêreld se topvyf luukse reisbestemmings

# Suid-Afrika is in die eerste Roxstar Luxury Travel Trends Report aangewys as een van die wêreld se topvyf luukse reisbestemmings in 2025. Amerika is boaan die lys, gevolg deur die Verenigde Arabiese Emirate, die Maledive-eilande, Suid-Afrika en Frankryk. Roxstar Luxury Travel se stigter, Roxy Robinson, sê Kaapstad kombineer stedelike kultuur met van die wêreld se mooiste natuurtonele terwyl safari-vakansies in die noorde totale ontsnapping bied. Sy sê min bestemmings bied so ʼn aanloklike verskeidenheid.