Skip to content

SAL en FlySafair aangewys onder beste lugrederye ter wêreld

# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens is in die sewende plek op die tydskrif TIME se lys van die beste lugrederye ter wêreld vir 2027, met ‘n telling van 92,16. Die lys lig lugrederye uit wat uitblink in passasiers-ervaring en bedryfsprestasie, volgens opnames wat die afgelope drie jaar gedoen is. FlySafair is in die 12de plek. SAL het ook wêreldwyd die tweede plek behaal in die kategorie vir volledige dienste en die gesinsvriendelikste lugrederye. Emirates beklee die eerste plek, gevolg deur Qatar Airways, Air New Zealand, Singapore Airlines en Cathay Pacific Airways.