# Vier jong Suid-Afrikaanse innoveerders gaan volgende week meeding by die Beijingse Jeugwetenskapskeppingskompetisie. Adam Gibbon en Christopher Collier-Reed, beide van Pinelands High School in Kaapstad, ‘n leerder van die Umtata High School, Samiya Waza, en Cady De Koker van die Hoërskool Noord-Kaap het almal beïndruk by die Eskom Ekspo Internasionale Wetenskapskou. Die uitvoerende direkteur van die skou Parthy Chetty sê die vier jong leerders se toewyding, vernuwing en passie vir wetenskap het vir hulle dié ongelooflike geleentheid gegee om hulle talent op ‘n internasionale verhoog ten toon te stel.
SA se jong wetenskaplikes ding mee by die Beijingse Jeugwetenskapskeppingskompetisie