Skip to content

SA Rietkwekers onthul wêreld se eerste suikerriet-energiedrankie, ‘Shesha’

# Die SA Rietkwekers het Shesha bekendgestel, die wêreld se eerste energiedrankie gemaak van vars, natuurlike suikerrietsap. Shesha, wat in KwaZulu-Natal vervaardig en verpak word, is natuurlik versoet en bevat 50-persent minder kafeïen as ander energiedrankies. Die inisiatief, gelei deur die SA Rietkwekers en Womoba, beoog om werksgeleenthede te skep en landelike ekonomieë in KwaZulu-Natal en Mpumalanga te bevorder. Higgins Mdluli van die organisasie sê Shesha is in vier geure beskikbaar, oorspronklik, suurlemoen-en-lemmetjie, lemoen en gemmerbier. Dit is aanlyn en by sekere kleinhandelaars beskikbaar.