# ʼn Nuwe wêreldrekord is ʼn Kaapstad opgestel toe een-duisend-276 marimba-spelers saam by die Grand West Arena opgetree het. Die geleentheid het die Guinness-wêreldrekord vir die grootste marimba-samespel verbeter. Die vorige wêreldrekord was 550 spelers tydens ʼn geleentheid in Guatemala. Die samespel het talentvolle musikante tussen agt- en 62-jaar byeengebring. Die kinders kom van meer as 70 skole in Suid-Afrika en twee van Zimbabwe. Die groep het tien minute lank ʼn keurspel gespeel wat liedjies soos Waka Waka en Jerusalema ingesluit het.
SA en Zimbabwe verenig om Guinness-wêreldrekord vir grootste marimba-samespel te verbeter