# Suid-Afrika en Lesotho het hul samewerking in die stryd teen die verspreiding van onwettige vuurwapens versterk ná die beslaglegging en vernietiging van een-duisend-787 vuurwapens tydens misdaadbestrydingsoperasies in Lesotho. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê die Lesotho Berede Polisiediens het beslag gelê op die vuurwapens tydens verskeie operasies en doelgerigte misdaadbestrydingsveldtogte. Sy sê die […]
# Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het die name van kandidate vir vakante poste by die Inligtingsreguleerder op die Parlement se webwerf gepubliseer vir openbare kommentaar, voor 29 September. Ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting moet lede van die reguleerder toepaslik gekwalifiseer wees en Suid-Afrikaanse burgers wees. Die komitee […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gevra om te verduidelik hoe die Telkom Towers-kompleks in Pretoria deur ‘n openbare-privaat vennootskap herontwikkel sal word. Macpherson het aangekondig die kostes sal tussen 1,8-miljard-rand en 2,2-miljard-rand beloop. Die komitee se voorsitter, Carol Phiri, sê […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika ondergaan ingrypende ekonomiese hervormings, met veranderings in die energie-, telekommunikasie-, logistieke- en watersektor. Ramaphosa het op die 18de BRICS-leiersberaad in Nieu-Delhi gepraat, tydens die Sakeleiers-rondetafelgesprek tussen Indië en Suid-Afrika. Hy sê die land het meer as ‘n dekade van elektrisiteitstekorte agtergelaat en betree nou ‘n nuwe era van belegging […]
# Eskom sê hy het tydens die 2026/2027-boekjaar beduidende omgewingsverbeterings behaal deur doelgerigte projekte om uitlaatgasse te verminder asook bedryfsingrypings by sy steenkoolkragstasies. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê skadelike stofuitstralings het met sowat 67-persent afgeneem. Sy sê dié verbetering dui op volgehoue vordering met die vermindering van uitstralings en die verbetering van betroubaarheid en […]
# Die regering sê hy het Zimbabwiese migrante wat voor die Zimbabwiese konsulaat in Johannesburg byeengekom het, gehelp om na hul land van herkoms terug te keer. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, sê 194 Zimbabwiese burgers is verwerk en op pad na Zimbabwe. Dit sluit 35 mans, 58 vroue en 101 minderjariges in. Baloyi sê 56 […]
# President Cyril Ramaphosa says South Africa is undergoing major economic transformation, with wide-ranging reforms in the energy, telecommunications, logistics and water sectors. Speaking at the India-South Africa Business Leadership Roundtable during the 18th BRICS Leaders’ Summit in New Delhi, Ramaphosa said the country had moved beyond more than a decade of electricity shortages and […]
# President Cyril Ramaphosa het die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika en wêreldwyd ‘n vreedsame, veilige en vreugdevolle Rosh Hashanah en Jom Kippoer toegewens. Die Joodse gemeenskap betree tans die tydperk van die heilige dae en Ramaphosa sê dit herinner Suid-Afrikaners aan die blywende waarde van geloof en familie. Die president sê Rosh Hashanah is volgens […]
# Eskom sê sy energiebeskikbaarheidsfaktor het sedert die begin van die jaar gestyg tot 67,78-persent, die hoogste vlak in ses jaar. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê onbeplande onderbrekings het ook afgeneem van 26,61-persent tot 19,43-persent vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Sy sê verbeterde betroubaarheid en beskikbaarheid van die opwekkingsvloot het drie-duisend-500 megawatt opwekkingsvermoë tot […]