# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê hy wag steeds vir ‘n ondersoekbeampte om aangewys te word nadat hy ‘n saak geopen het oor die voormalige polisiehond Sky. Cameron sê Sky het ernstige beserings opgedoen in die Roodeplaat-dierehospitaal in Pretoria en is verlede week van kant gemaak. Hy vra […]
# Die DA sê die gevolg van toenemende misdaad in verskeie brandpunte in Gauteng laat inwoners in vrees leef. Volgens die party het kontakmisdaad tussen April en Junie vanjaar in Tembisa, Diepsloot, Alexandra, Mamelodi-Oos, Orange Farm en Jeppe toegeneem. Tembisa het die grootste toename van 16,1-persent aangeteken. Crezane Bosch van die DA doen ‘n beroep […]
# Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, het ‘n beroep op mans gedoen om verantwoordelikheid te aanvaar oor geweld teenoor vroue. Mathe het tydens ‘n mediasessie die jongste toename in die moorde op vroue veroordeel, nadat ‘n sesde liggaam vanoggend in KwaThema, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Sy sê ondersoekers oorweeg verskeie teorieë, insluitend of daar […]
# Action Society sê vertragings in die verwerking van forensiese bewyse kan die polisie verhoed om gewoontemisdadigers te identifiseer en verdere moorde te keer. Die waarskuwing volg nadat die liggame van ses vroue binne bykans twee maande in die Kemptonpark-gebied gevind is. Juanita du Preez van die organisasie sê die gevalle toon kommerwekkende ooreenkomste, maar […]
# Die hoof van Interne Sake by die Johannesburgse Metropolisie, Elmarie de Beer, het voor die Madlanga-kommissie getuig sekere informante wat met JMPD-lede verbind word, word moontlik gebruik om misdadige bedrywighede te ondersteun. Sy sê hulle is nie konvensionele informante wat die polisie help om misdaad te bekamp nie. Volgens de Beer is van dié […]
# Die Madlanga-kommissie het getuienis aangehoor oor die beweerde inmenging in ‘n operasie deur die Taktiese Reaksie-eenheid wat ‘n voertuig met dwelms daarin agternagesit het. Die Johannesburgse Metropolisie se hoof van Interne Sake, Elmarie de Beer, het getuig lede het ‘n swart Ford Ranger agternagesit en die polisie en lugbystands-dienste om hulp genader. Sy sê […]
# DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die ontdekking van ses vroue se liggame in Ekurhuleni, Gauteng, sedert Julie toon die behoefte aan strenger optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê die regering moet ondersoeke verskerp en verseker die skuldiges word aan die man gebring. Hill-Lewis vra groter sigbare wetstoepassing, beter beligting en waarneming, en nouer samewerking tussen die […]
# The Madlanga Commission has heard of alleged interference in a Tactical Response Unit operation involving a suspected drug-carrying vehicle. Johannesburg Metro Police Department Internal Affairs head Superintendent Elmarie de Beer said TRU members pursued a black Ford Ranger, called for SAPS and air-wing assistance, however, were allegedly instructed to abandon the pursuit by JMPD […]
# Die Johannesburgse Metropolisie se hoof van Interne Sake, Elmarie de Beer, het ernstige bedryfsuitdagings uitgelig voor die Madlanga-kommissie, Sy sê daar is slegs 38 personeellede, wat nie genoeg is om die werklas doeltreffend te hanteer nie. De Beer sê ondersoeke duur dikwels langer om te voltooi weens beperkte ondersoekvermoë, veral dié wat met wangedrag […]