# Die Hooggeregshof in Pretoria het die verhoor van die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, wat handel oor korrupsie en geldwassery, tot 23 November uitgestel vir die lewering van slotbetoë. Die verdediging het sy saak gesluit het na sy vierde getuie, Mapisa-Nqakula se voormalige persoonlike assistent, Zukiswa Mahabeni, getuig het. Die woordvoerder vir die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die voormalige minister staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een aanklag van geldwassery. Sy het onskuldig op al die aanklagte gepleit.
Mapisa-Nqakula-verhoor gaan op 23 November slotbetoë aanhoor [KLANK]
ENG MamothameOnClosingArguments