Skip to content

PhD-student van Stellenbosch ontwikkel KI-toepassing om werksaansoeke te vergemaklik

# ʼn Doktorale-student aan die Universiteit Stellenbosch het ʼn grensverskuiwende kunsmatige-intelligensietoepassing ontwikkel vir Suid-Afrika se werkloosheidskrisis. Thabo Maibi het die Career Agent ontwikkel. Dis ʼn selfoontoepassing wat webtuistes met werksgeleenthede met gebruikers se CV’s vergelyk en namens hulle aansoek doen. Career Agent gebruik tans ʼn lys werksportale in Suid-Afrika, Botswana en Eswatini, en enkele oorsese geleenthede. Op die oomblik betaal gebruikers inskrywingsgeld van 400-rand vir drie maande, maar Maibi sê hy werk daaraan om die platform gratis te maak.