# AfriForum het ‘n aansoek vir minagting van die hof teen die EFF en sy leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die aansoek kom ná die EFF en Malema se hernieude oproepe tot onwettige grondbesetting, ten spyte van ‘n hofbevel wat AfriForum in 2017 […]
# Die vakverbond Saftu sê meer as drie dekades na apartheid word reusedele van Suid-Afrika se minerale rykdom steeds beheer volgens die logika van private verkryging. Asive Dyani van Saftu sê mynbougemeenskappe bly dikwels arm terwyl rykdom wat onder hul voete gemyn word, na korporasies, aandeelhouers en finansiële markte vloei. Sy sê Suid-Afrika kan nie […]
# Die Wes-Kaapse polisie het die moord Saterdagaand in Nyanga, Kaapstad op ‘n 37-jarige polisiebeampte wat van diens af was veroordeel. Polisiewoordvoerder, Novela Potelwa, sê die polisie op patrollie het reageer op skote wat in die gebied gehoor is toe hulle op ‘n groep mense in Hanistraat afgekom het. Sy sê met hul aankoms op […]
# Die DA in Tshwane sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan Hammanskraal en die opening van twee boorgate in Kenana Gardens het niks gedoen om die grondliggende waterkrisis van inwoners op te los nie. Cilliers Brink van die DA sê huishoudings verduur steeds onbetroubare watervoorsiening ten spyte van die politieke trompetgeskal rondom die nuwe […]
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het pogings deur die iLembe-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal verwelkom om toegang tot betroubare en volhoubare watervoorsiening uit te brei na gemeenskappe wat voorheen onbedien was. Dit volg na die voltooiing van twee watervoorsieningskema-projekte in die dorpe Macambini en Ndulinde in die Mandeni-plaaslike munisipaliteit. Majodina sê die uitbreiding […]
# Rugby: Die Bulle se nuwe truie vir dié seisoen se tuiswedstryde is geïnspireer deur Loftus Versfeld. Die ontwerp, “Alle Paaie Lei na Loftus“, vier die stadion as die span en sy ondersteuners se geestelike tuiste. Dis in skakerings van diep vlootblou tot Loftus-blou, met ‘n kaartgrafika van strate wat saamvloei by die ikoniese stadion […]
# Suid-Korea het waarskuwingskote afgevuur nadat verskeie Noord-Koreaanse soldate die militêre afbakeningslyn binne die Gedemilitariseerde Gebied oorgesteek het. Die Yonhap-nuusagentskap sê die voorval het gedurende die week in die oostelike deel van die gebied plaasgevind en is die eerste aangemelde Noord-Koreaanse oortreding van die afbakeningslyn vanjaar. Die soldate, wat vermoedelik op patrollie was, het hul […]
# Die Soil of Africa-burgerlike beweging sê die onlangse uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria oor die bestuur en administrasie van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is baie belangrik. Die Hof het die aanstelling van die NSFAS-administrateur, Hlengani Mathebula, opgeskort en die ontbinde NSFAS-raad herstel. Die beweging se woordvoerder, Luzuko Sofute, sê daar mag […]
# Cosatu dring aan by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur en die Steve Tshwete-munisipaliteit om onmiddellik op te tree en die elektrisiteit na 4 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon se Middelburg-basis in Mpumalanga te herstel. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê dit is heeltemal onaanvaarbaar dat die 100 soldate en hul afhanklikes wat op […]