# Suid-Korea het waarskuwingskote afgevuur nadat verskeie Noord-Koreaanse soldate die militêre afbakeningslyn binne die Gedemilitariseerde Gebied oorgesteek het. Die Yonhap-nuusagentskap sê die voorval het gedurende die week in die oostelike deel van die gebied plaasgevind en is die eerste aangemelde Noord-Koreaanse oortreding van die afbakeningslyn vanjaar. Die soldate, wat vermoedelik op patrollie was, het hul na die waarskuwingskote noord gewend. Geen verdere ongewone aktiwiteit is aangemeld nie. Die twee Koreas is tegnies steeds in oorlog, met hul konflik tussen 1950 en 1953 wat in ‘n wapenstilstand eerder as ‘n vredesverdrag geëindig het.
Suid-Korea vuur waarskuwingskote af toe Noord-Koreaanse soldate afbakeningslyn oorsteek