Skip to content

Rugby: Bulle stel nuwe truie bekend geïnspireer deur Loftus Versfeld

# Rugby: Die Bulle se nuwe truie vir dié seisoen se tuiswedstryde is geïnspireer deur Loftus Versfeld. Die ontwerp, “Alle Paaie Lei na Loftus“, vier die stadion as die span en sy ondersteuners se geestelike tuiste. Dis in skakerings van diep vlootblou tot Loftus-blou, met ‘n kaartgrafika van strate wat saamvloei by die ikoniese stadion in Pretoria. Uitvoerende hoof Edgar Rathbone sê die truie vang die trots en passie vas wat die span, ondersteuners en stad verbind. Dit het ook vogbestuur, versterkte duursaamheid, rekbare materiaal en ‘n verbeterde greep.