# Kommer oor immigrasie-nakoming en die regulering van buitelandse spaza-winkels het weer opgeduik nadat die Parlement onthul het slegs 33 sakevisums is in die 2025/26-boekjaar goedgekeur. Die syfer het die debat verskerp oor hoeveel township-ondernemings deur buitelanders bedryf word en of hulle behoorlik gereguleer word. Kritici sê afdwingingsgapings in township-ekonomieë word blootgelê. Zaki Mamdoo van […]
# Sokker: Die 2026 FIFA Wêreldbeker het groeiende verdeeldheid uitgelig tussen regerings oor voorspellingsmarkte en aanlyn weddenskappe. Miljarde dollars sal na verwagting tydens die toernooi gewed word, wat reguleerders in verskeie lande aanspoor om beperkings op hierdie platforms te verskerp. Lande, insluitend Spanje, Indië, Indonesië en Brasilië, het stappe gedoen om toegang te beperk, met […]
# Die SAPD het ‘n ondersoek van strafbare manslag van stapel gestuur nadat ‘n staatsbeheerde Iveco-bus gisteraand op die R300-snelweg tussen die Stellenbosch Deurpad en Kuilsrivier in Kaapstad aan die brand geslaan het. Beamptes het reageer op berigte van die brandende voertuig en dit in vlamme gevind. ‘n 40-jarige polisiesersant van Bishop Lavis SAPD, wat […]
# Die Madlanga‑kommissie het getuienis aangehoor wat dui op noue samewerking tussen die uitvoerende hoof van Medicare24, Mike van Wyk, en die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi. Die getuienisleier, Matthew Chaskalson, het boodskappe voorgehou wat na bewering toon hoe Van Wyk raad gee oor munisipale ooreenkomste en planne bespreek oor ‘n gespesialiseerde […]
# Die Verkiesingskommissie sê bykans drie-miljoen kieserregistrasies is hierdie naweek met die oog op die plaaslike verkiesing op die 4de November aangeteken. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het op ‘n nuuskonferensie gesê die kieserslys staan tans op ongeveer 28,5-miljoen. Mamabolo het ‘n tweede registrasienaweek vir Augustus aangekondig en bevestig aanlyn registrasie is nou […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die regering is ten volle gereed om vrede en bestendigheid te handhaaf voor die verwagte betogings op 30 Junie. Cachalia het die media toegespreek na ‘n veiligheidsbeplanningsvergadering en gesê die polisie het operasionele gereedheid in alle provinsies verskerp, met verhoogde ontplooiings om gemeenskappe en kritieke infrastruktuur […]
# Die aantal ontheemde Malawiese burgers in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, styg steeds na die moord Vrydag op ‘n 29-jarige Malawiese man by die Jika Joe informele nedersetting. Die voorval het volgens berigte honderde buitelandse burgers gedwing om uit hul huise te vlug en skuiling in kerke en moskees te soek. Owerhede het meer polisie in die […]
# Sokker: Bafana Bafana se verdediger, Mbekezelli Mbokazi, is aangewys as een van die beste jong verdedigers in die Wêreldbekertoernooi tot dusver. Die Internasionale Sentrum vir Sportstudies het die 20-jarige vierde geplaas onder die onder-23-verdedigers na die eerste ronde. Mbokazi het beïndruk met sy sterk verdediging teen Mexiko, met onder meer onderskeppings en herstelpogings. Die […]
# Drie leerders is dood en verskeie beseer nadat twee van hul medeleerders by ‘n hoërskool in die sentrale dele van die Filippyne begin skiet het. Ondersoekers meen die twee tieners is aangevuur deur ‘n wrok oor afknouery. Een verdagte is kort ná die voorval in hegtenis geneem en die tweede het homself later oorgegee. […]