# Die Stad Johannesburg het ‘n 100-dae veldtog teen geslagsgeweld en vrouemoord by die Riverlea-ontspanningsentrum begin as deel van pogings om bewustheid en ondersteuning vir oorlewendes te versterk. Die inisiatief bring polisie, gemeenskapspolisiëringsforums, maatskaplike werkers, nooddienste en gemeenskapsorganisasies bymekaar om rapportering, opvoeding en bewustheid te verbeter. Die stad sê hy sal voortgaan om optredes regoor […]
# Die Verkiesingskommissie sê hy is bemoedig deur die sterk deelname van jongmense die naweek tydens kiesersregistrasie. Die kommissie sê jeugdiges tussen 16 en 29 het ‘n beduidende deel van nuwe registrasies en algehele aktiwiteit uitgemaak in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, het aan […]
# Krieket: Die Suid-Afrikaanse onder-19-vrouespan toer volgende maand die eerste keer ooit in Pakistan. Die veelsydige Mieke van Voorst is aangewys as kaptein van die groep van 15, wat ses spelers insluit wat vroeër vanjaar brons vir die land verower het in die Patricia Kambarami-bekertoernooi in Nigerië. Vyf internasionale kragmetings sal gespeel word, almal dag-aand-wedstryde […]
# Die Verkiesingskommissie het ‘n ondersoek begin nadat beeldmateriaal van ‘n kiesersregistrasiestasie in Victor Khanye in Mpumalanga na vore gekom het wat beweerde ANC-regalia en verskeie identiteitsdokumente naby ‘n registrasietoonbank toon. Die kommissie beskou die saak as ernstig. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, sê enige gedrag wat die integriteit van die verkiesingsproses […]
# Die DA sê meer as vyf-miljoen-rand is verlore weens diefstal en vandalisme by Gauteng se Agri-Parke, wat voedselsekerheid en opkomende boere in gevaar stel. Die party sê infrastruktuur en toerusting by verskeie terreine is gesteel of vernietig, met herstelkoste wat op nagenoeg 950-duisend-rand geraam word. Bronwynn Engelbrecht van die DA doen ‘n beroep op […]
# Operasie Shanela II het gelei tot die inhegtenisneming van een-duisend-115 verdagtes tydens ‘n week lange, hoë intensiteit polisieoptrede regoor die Vrystaat. Al vyf distrikte het aan die multidissiplinêre operasie deelgeneem, ondersteun deur intelligensie-geleide inligting. Driehonderd-49 mense is vir aanranding aangekeer, 47 vir poging tot moord, nege vir roof en ses vir moord, asook arrestasies […]
# The DA says more than five-million-rand has been lost due to theft and vandalism at Gauteng’s Agri-Parks, putting food security and emerging farmers at risk. The party says infrastructure and equipment at several sites have been stolen or destroyed, with repair costs estimated at around 950-thousand-rand. The DA’s Bronwynn Engelbrecht calls for better security […]
# ActionSA vra dringende ingryping nadat werkers wat deur kontrakteurs by Johannesburg Water-projekte aangestel is, na bewering nie betaal is nie. Mpumi Edward van die party beweer werknemers van Skoba Construction en Fubu Africa het weke lank nie salarisse ontvang nie ondanks herhaalde beloftes. Sy beweer die vertragings spruit voort uit betalingsmislukkings binne die Stad […]
# Capitec het die aftrede van sy nie-uitvoerende stigtersdirekteur, Chris Otto, vanaf 31 Julie 2026, aangekondig. Otto dien sedert die ontstaan van die bank in die direksie en sal ook uit die Risiko- en Kapitaalbestuurskomitee tree. Capitec het hom bedank vir sy leierskap en bydrae tot die groep se groei. Otto was medestigter van die […]