Skip to content

Bergsebra Nasionale Park verwelkom twee leeumannetjies

# Die Bergsebra Nasionale Park in die Oos-Kaap het twee leeumannetjies van die Addo Olifant Nasionale Park verwelkom. Die leeus, genaamd Niklaas en Witwarm, is hervestig om genetiese verskeidenheid en ‘n gesonde balans tussen roofdier en prooi te handhaaf. Hulle is oorgeplaas nadat die park se inwonende mannetjie, Nomad, uitgesit moes word weens ouderdom en om veiligheidsredes. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die oorplasing sal die langtermyn-gesondheid van die leeubevolking ondersteun.