Skip to content

Lewensgrootte dierepoppe verhoog bewustheid oor aardverwarming

# ‘n Groot aantal lewensgrootte dierepoppe wat van herwinde materiale gemaak is, gaan ‘n reis van 20-duisend-kilometer van Kinshasa in die Demokratiese Republiek die Kongo na die Arktiese sirkel onderneem. Dit is om bewustheid oor natuurlewe en die bedreiging van aardverwarming te verhoog. Die produksie is ‘n vennootskap van die Ukwanda Puppets and Design Art Collective en die Sentrum vir Mensenavorsing aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Die UWK sê al langs die roete gaan dierepoppe inheems aan die lande by die groep aansluit.