# Die Universiteit van die Witwatersrand het ʼn kunsmatige intelligensie- en Afrika-musiekprojek bekendgestel. Die projek wil skeppende mense aanmoedig om die oorvleueling van moderne tegnologie en Afrika-musiektradisies en -klanke te ondersoek. Musikante, vervaardigers, komponiste en musiekonderwysers van reg oor Afrika word uitgenooi om voorstelle vir KI-gedrewe musiekprojekte voor te lê. Persone wat gekies word, sal vier maande lank 30-duisend-rand per maand ontvang en saam met ʼn KI-ingenieur en -program-raadgewer werk om hulle unieke idees oor ses maande te ontwikkel.
Mense aangemoedig om aansoek te doen vir opwindende nuwe KI & Afrika-musiekprojek