Skip to content

Legendariese oud-Springbok Jan “Boland” Coetzee sterf op 80-jarige ouderdom

# Die legendariese oud-Springbok Jan “Boland” Coetzee is op 80-jarige ouderdom oorlede. Hy het ook vir Westelike Provinsie en Maties uitgedraf. Coetzee het tussen 1974 en ’76 ses toetse vir Suid-Afrika gespeel, insluitend 1976 se tuisreeks teen die All Blacks wat die Bokke 3-1 gewen het. Coetzee het WP van 1967 tot ’79 verteenwoordig en was jare lank ʼn lid van die Universiteit Stellenbosch se rugbyspan. Hy het later ʼn bekende wynmaker geword op sy plaas, Vriesenhof, naby Stellenbosch.