# Die Suid-Afrikaanse Rietsuikerprodusente-vereniging sê die suikernywerheid kan vanjaar na ‘n beter oes uitsien, met ‘n verwagte opbrengs van 18-miljoen-ton suikerriet wat ‘n verbetering is van die 16-miljoen-ton van verlede jaar. Die organisasie waarsku egter dat die nywerheid steeds kwesbaar is met die vertragings in die verhoging van invoertariewe en ‘n moontlike heffing van 30-persent […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, vra lande om hul energie-oordrag self te vorm. Ramokgopa het tydens die vergadering van die G20-energie-oordrag-werkgroep in Sun City, Noordwes, gewaarsku hernubare energiebronne alleen sal nie wêreldwye energie-uitdagings oplos nie. Ramokgopa bepleit steun vir Afrika se Agenda 2063 en netwerkopgraderings, gegewe dat daar 760-miljoen mense is […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bevestig ‘n soldaat is dood tydens Operasie Corona in die Madimbo-gebied in Limpopo. Die SANW se woordvoerder, Prins Tshabalala, sê Soldaat X Raynard is Sondag dood aangetref naby die operasionele basis se Geel Hek. Hy sê vroeë aanduidings toon dat hy moontlik deur ‘n trop olifante doodgetrap is toe […]
# Sokker: Bayern Munich het die Premierliga-kampioen Liverpool se voorspeler, Luis Diaz, gekontrakteer vir ‘n bedrag wat volgens berigte kan styg tot 1,5-miljard-rand. Die Colombiaan het tydens sy tydperk op Anfield die Premierliga, die FA-beker en die Ligabeker gewen. Sy kontrak met die Bundesliga-kampioen strek tot 2029. Diaz het verlede seisoen 50 wedstryde in alle […]
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, is die gasvrou van die G20-arbeids- en indiensneming-ministersvergadering by die Fancourt Hotel in George, Wes-Kaap. Die tweedaagse geleentheid volg op die 4de vergadering van die G20-werkgroep wat hierdie week gehou is, waartydens die ministeriële verklaring voorberei is. Hierdie vergadering voltooi vier van die G20-werkgroep-vergaderings wat fokus […]
# Vyftien Westerse lande vra ander lande om ‘n Palestynse staat te erken. Ministers van Buitelandse Sake het na ‘n vergadering in New York ‘n gesamentlike verklaring uitgereik wat die twee-staat-oplossing weer laat opleef. Frankryk se president, Emmanuel Macron, het verlede week aangekondig dat hy Palestina se staatskap in September amptelik sal erken, wat sterk […]