Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 19 Augustus 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Felix Jones, sê die Bokke en All Blacks sal Saterdag ewe goed voorbereid wees vir die eerste toets op Ellispark in Johannesburg. Nieu-Seeland het tot dusver al drie sy wedstryde teen die Stormers, die Haaie en die Bulle gewen. Suid-Afrika het intussen oefenlopies gehad teen die Barbarians, Engeland, Skotland, Wallis en Argentinië. Jones sê die drie konsessie-spanne het belangrike tegniese lesse geleer in hul wedstryde teen die All Blacks:
Die All Blacks se verdedigingsafrigter, Tana Umaga, sê intussen hulle kan nie bekostig om oorweldig te word deur die Springbokke se reuse-pak voorspelers en van hul agterlyn-bedreiging vergeet nie. Umaga is nou vir ses wedstryde in die rol en staan gemiddeld 23 punte per wedstryd af. Hy sê hulle weet wat om van die Bokke te verwag:
# Sokker: Die kaptein van Spanje se wêreldkampioenspan, Rodri, gaan tot 2030 vir die Spaanse reus Barcelona speel na sy oordrag van die Engelse klub Manchester City bevestig is. Die 30-jarige het volgens berigte ‘n kontrak vir 1,4-miljard-rand gesluit. Rodri, wat die Wêreldbeker se goue bal-toekenning as beste speler ingepalm het, het 196 wedstryde vir City gespeel sedert hy in 2019 van Atlético Madrid aangesluit het. Hy het vroeër vir nog ‘n Spaanse klub, Villarreal, gespeel. Rodri sluit op Camp Nou aan by ander groot name soos Lamine Yamal, Pedri en Dani Olmo.
Nog sokker: Die uitvoerende hoof van die Engelse Premierliga, Richard Masters, het aangesluit by oproepe dat FIFA se president moet bedank. Gianni Infantino is ernstig gekritiseer oor sy mislukte plan om aandele in kompetisies aan privaat beleggers te verkoop. Verskeie federasies het hul steun vir hom onttrek voor Maart se presidentsverkiesing. Masters het aan Sky News gesê FIFA het ‘n kandidaat nodig wat hom kan verenig en positiewe verandering teweeg bring:
# En tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het slegs 54 minute nodig gehad om Wang Xinyu van China te verslaan vir ‘n plek in die laaste 16 van die Cincinnati-ope . 2023 se kampioen, Coco Gauff, het haar plek in die vierde ronde verseker ná ‘n oorwinning in twee stelle oor haar landgenoot Ann Li. In die mansafdeling het die vyfde-gekeurde Taylor Fritz van Amerika die Spanjaard Daniel Merida geklop, terwyl sy landgenoot Brandon Nakashima die Rus Daniil Medvedev in drie stelle uitgeskakel het en ook deur is na die laaste 16.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….