# Die DA sal die media vandag voor Johannesburg se raadsitting toespreek oor kommer rondom die stad se aanhoudende mislukkings. Terwyl die G20-beraad oor drie maande plaasvind, bevraagteken die DA die doeltreffendheid van parallelle strukture soos die Presidensiële Werksgroep en burgemeester Dada Morero se sogenaamde bomb sqaud. Die party beskuldig ook die burgemeester dat hy […]
# Krieket: Suid-Afrika speel vandag teen Australië in die enigste halfeindstryd van die Wêreldkampioenskap vir Legendes op Edgbaston in Engeland. Die Suid-Afrikaners word aangevoer deur die Proteas se gewese ster-speler, AB de Villiers, wat tot dusver skitterend vaar in die toernooi en in die groepsfase twee agtereenvolgende honderdtalle aangeteken het. Die Proteas is tweede op […]
# Onluste in Angola na brandstofprysverhogings het sedert Maandag 22 lewens geëis. Kalmte het na die hoofstad, Luanda, teruggekeer het nadat sporadiese geweerskote Maandag en Dinsdag daar en in verskeie ander stede gehoor is, terwyl mense winkels gestroop en met die polisie gebots het toe geweld gedurende ‘n taxi-staking uitgebreek het. Die staking is die […]
# President Cyril Ramaphosa se regspan sê dit was die regte besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu op spesiale verlof te plaas en dit verseker goeie staatsbestuur. Die MK-party daag egtere Ramaphosa se besluit in die Konstitusionele Hof uit. Ramaphosa se regsverteenwoordiger, Ngwako Maenetje, het in die hof gesê die president het binne […]
# Die GOOD-party vra die onmiddellike verwydering van Kaapstad se Speaker, Felicity Purchase, na gewelddadige voorvalle in die raadsaal. ‘n GOOD-raadslid, Roscoe Palm, sê Purchase het versuim om die raad se integriteit te handhaaf en beskuldig haar van partydigheid en nalatigheid nadat ‘n raadslid na bewering tydens ‘n sitting gewurg is. Palm sê haar onregmatige […]
# Die Landdroshof in Pretoria-Noord het borgtog geweier aan ‘n man wat beskuldig word van die moord op die vyfjarige Ditebogo Phahlane tydens ‘n inbraak by sy ouerhuis in Soshanguve. Elia Moeko staan onder meer tereg op aanklag van moord en roof. Aanklaers voer aan hy is ‘n vlugrisiko en het vorige veroordelings. Lumka Mahanjana […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het tariewe van 25-persent aangekondig op invoere uit Indië en het verder ‘n ongespesifiseerde “boete” aangekondig oor Nieu-Delhi se aankope van Russiese wapens en energie. Trump het in ‘n plasing op sy Truth platform gesê hierdie maatreëls sal Vrydag in werking tree. Hy het bygevoeg dat Indië nog altyd […]