# Die uittredende waarnemende adjunkhoofregter, Mbuyiseli Madlanga, het beslis dat die Appèlhof ‘n fundamentele regsmislukking begaan het in sy hantering van die “Please Call Me”-saak tussen die uitvinder, Nkosana Makate, en Vodacom. Madlanga het in sy finale uitspraak voor sy uittrede gesê die Appèlhof het versuim om noodsaaklike feite te beoordeel, bewyse geïgnoreer en onvoldoende […]
# Die DA sê omdat Ekurhuleni versuim het om meer as 140-miljoen-rand aan chemiese toiletdiensverskaffers te betaal, is daar ‘n groeiende sanitasie- en gesondheidskrisis in meer as 120 informele nedersettings. Sekere gebiede het sedert November verlede jaar geen skoon toilette nie, omdat kontrakte sonder behoorlike vervangings beëindig is. Die DA-lid, Refiloe Nt’sekhe, sê die party […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement het 2,8-miljard-rand in die 2025/26-boekjaar toegewys aan infrastruktuur om die breër uitdaging van oorvol skole teen te werk. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê omtrent 1,5-miljard-rand word toegewys aan die bou van nuwe skole en skole wat vervang word. Hy sê 615-miljoen-rand word bewillig vir verbeterings en byvoegings, soos mobiele […]
# Die Departement van Onderwys in Gauteng sê hy het meer 426-miljoen-rand van alle uitstaande munisipale skuld wat op 30 Junie deur skole verskuldig was, suksesvol oorbetaal. Woordvoerder van die departement, Steve Mabona, sê dit verteenwoordig 99,95-persent van die 426,45-miljoen-rand wat aan munisipaliteite en Eskom verskuldig was. Hy sê die departement bevestig dat die uitstaande balans […]
# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, sê die wêreld moet aandring op ‘n regime-verandering in Rusland want president Vladimir Putin sal andersins net voortgaan om sy buurstate onbestendig te maak. Zelensky het gepraat op ‘n konferensie wat die 50ste herdenking van die ondertekening van die Finale Akte van Helsinki vier. Hy sê Rusland se krygsmasjien […]
# Iran beskryf nuwe Amerikaanse sanksies gemik op ‘n skeepsryk onder beheer van die seun van ‘n voorste politieke raadgewer as “kwaadwillig”. Die Amerikaanse Tesourie het beperkings ingestel op meer as 115 mense, ondernemings en skepe wat beskuldig word dat hulle die verkoop van Iranse en Russiese olie bevorder. Dit sluit in ‘n vloot wat […]
# Die Konstitusionele Hof het gelas die Appèlhof moet Vodacom se saak in die langdurige “Please Call Me”-geskil met die uitvinder Nkosana Makate heroorweeg. Vodacom het die uitspraak van die Appèlhof betwis, wat ‘n nuwe vergoedingsaanbod beveel het van meer as die 47-miljoen-rand wat aanvanklik voorgestel is. Makate vra 9,4-miljard-rand. Die uittredende waarnemende adjunkhoofregter, Mbuyiseli […]