# Die Spesiale Tribunaal se regter, Chantel Fortuin, het die raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens gekritiseer oor sy besluit om ‘n huurooreenkoms te verleng met Flyfofa Airways, wat as Flyfofa Aviation and Training sake doen. Fortuin het die 2019-besluit rondom ‘n ooreenkoms van 85,3-miljoen-rand, tersyde gestel omdat dit onregmatig was. Die Spesiale Ondersoekeenheid sê SAA […]
# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie verwelkom die vordering in die ondersoek na die moord op twee polisiebeamptes in Libode in die Oos-Kaap. Adjudant-offisier Thando Magoxo en konstabel Ntlahla Tyhali is dood toe hul op ‘n beweerde roof in ‘n spazawinkel gereageer het. POPCRU sê twee verdagtes is in hegtenis geneem en nog drie is tydens […]
# Die EFF-leier Julius Malema hou vandag die party se plaaslike verkiesingsmanifes-byeenkoms op die Delft-Suid-sportsentrum in Kaapstad. Die party fokus op Stad Kaapstad in die aanloop tot die plaaslike verkiesing op 4 November. Die EFF sê sy veldtog fokus op dienslewering, misdaad, behuising, sanitasie, elektrisiteitskoste en werkloosheid. Die party sal ook sy standpunt oor grondhervorming […]
# Elizabeth “Tsontso” Moselakgomo word vandag in Phake-Ga Rankaila in Mpumalanga ter ruste gelê. Die 38-jarige is een van nege vroue wie se liggame in Ekurhuleni gevind is. Moselakgomo het verlede week verdwyn nadat sy haar huis in Rhodesfield, Kemptonpark, vir ‘n middag-drafsessie verlaat het. Die polisie sê haar agtjarige dogter het familielede in kennis […]
# Russiese owerhede sê twee mense is dood in wat beskryf word as ‘n reuse- Oekraïnse hommeltuigaanval op Moskou en die omliggende gebied. Moskou se burgemeester, Sergei Sobyanin, sê meer as een-duisend-600 hommeltuie is sedert Saterdag onderskep, waarvan 450 die hoofstad geteiken het. Verskeie hommeltuie het ‘n olieraffinadery in Moskou getref, terwyl nog een ‘n […]
# Sokker: Die Orlando Pirates sal vandag in Rustenburg probeer om hul onoorwonne aantal wegwedstryde tot vier Premierliga-wedstryde uit te brei wanneer hul teen die Marumo Gallants te staan kom. Die Buccaneers het reeds oorwinnings oor Chippa United en Kruger United behaal en gelyk gespeel teen AmaZulu. Dit ewenaar Mamelodi Sundowns se wegwedstryde, met twee […]
# ‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderstorms is vir die westelike dele van die Vrystaat uitgereik. ‘n Voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Lungile Makondo, sê verspreide buie en donderstorms word oor sentrale en westelike gebiede verwag, wat kan uitbrei na die verre weste. Die storms sal swaar neerslae, plaaslike oorstromings, oormatige weerlig en ‘n […]
# Die EFF-leier Julius Malema sê die party sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied indien hy verkies word. Malema het tydens die bekendstelling van die EFF se KwaZulu-Natalse manifes in Inanda, dienslewerings- en infrastruktuuruitdagings, insluitend water, sanitasie en probleme met paaie, gekritiseer, en steun uitgespreek vir die party se burgemeesterskandidaat vir eThekwini, Hlengiwe […]