# President Nicolás Maduro van Venezuela het die VSA beskuldig dat hulle ‘n nuwe oorlog verklaar, nadat hulle die wêreld se grootste oorlogskip na die Karibiese Eilande gestuur het. Die USS Gerald R Ford kan tot 90 vliegtuie dra, en die ontplooiing daarvan dui op ‘n reusetoename in Amerikaanse gevegskrag in die gebied. Die VSA […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid werk aan sy verbintenis tot ekonomiese groei deur lande soos Maleisië aan te moedig om in Suid-Afrika te belê. Ramaphosa, wat op ‘n werksbesoek van drie lande in Asië is, het tydens die ASEAN-sake- en beleggingsberaad in Maleisië gepraat. Die president sê Suid-Afrika is steeds […]
# Die topgekeurde Italianer, Jannik Sinner het Alexander Bublik van Kazakstan met 6-4, 6-4 getroef om die halfeindronde van die Weense Ope te haal. Sinner sal teen Alex de Minaur te staan kom, wat Matteo Berrettini verslaan het. In die ander halfeindronde wat vandag gespeel word, het die tweede gekeurde Alexander Zverev van Duitsland sy […]
# ‘n Ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se verwydering van die gryslys sal help om beleggersvertroue te verbeter en die koste verbonde aan oorsese finansiële transaksies te verminder. Die Finansiële Aksietaakspan het die verwydering van Suid-Afrika aangekondig nadat hy sy metodes verskerp het om geldwassery en terrorisme-finansiering op te […]
# Die Johannesburg Metropolisie het motoriste aangeraai om bedag te wees op verkeersontwrigtings rondom Orlando-stadion in Soweto vandag. ‘n Polisiewoordvoerder, Xolani Fihla, sê dit is as gevolg van die CAF Kampioeneliga-wedstryd tussen Orlando Pirates en Saint-Eloi Lupopo. Hy sê die N17, Soweto-hoofweg, die Klipspruit Valley Road, Martha Louwstraat en Mookistraat is vir verkeer gesluit:
# Tennis: Saoedi-Arabië sal vanaf 2028 ‘n nuwe ATP Meesters-een-duisend-toernooi aanbied, wat die elite-kalender die eerste keer sedert 1990 uitbrei. Die weeklange geleentheid met 56 spelers sal waarskynlik in Februarie plaasvind, wat bydra tot die koninkryk se groeiende sportportefeulje. Die Golfnasie is reeds gasheer vir die WTA-eindtoernooi en Next Gen ATP-eindtoernooi deur sy vennootskap met […]
# Die Suid-Afrikaanse Psigiatriese Vereniging sê Suid-Afrika staar ‘n geestesgesondheidskrisis onder noodpersoneel in die gesig, met een polisiebeampte wat elke week aan selfdood sterf. Altesaam 54 beamptes het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, en meer as 300 selfdoodgevalle is in sewe jaar aangemeld. Lerato Masenya van die vereniging doen ‘n beroep op die […]
# ActionSA in Gauteng het op ‘n brief van die DA gereageer waarin die party hul steun versoek vir ‘n voorgestelde mosie van wantroue in premier Panyaza Lesufi. Die DA het sy plan aangekondig om ‘n mosie teen Lesufi in te dien vir sy mislukte en duur Misdaadvoorkomingswagte-program. ActionSA se woordvoerder, Zwelithini Mtshali, sê mosies […]