# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika staan op die punt om nuwe markte vir kersies en bloubessies te ontsluit, met China wat belowende tekens van goedkeuring toon. Steenhuisen het by die Internasionale Kersie-organisasie se konferensie in Kaapstad gesê samesprekings met Thailand en Suid-Korea vorder, terwyl uitvoere na die Midde-Ooste en Asië steeds groei. Ten spyte daarvan dat swartryp hierdie seisoen tot 70-persent van die kultivars uitgewis het, het uitvoere steeds met sewe-persent gegroei tot meer as 22-duisend-ton.
Landbou-minister sê China kan binnekort hulle deure oopmaak vir kersie en bloubessie-uitvoere