# Die internasionaal-bekroonde toneelstuk, Far Gone, gaan in Suid-Afrika opgevoer word. Dit is geskryf en opgevoer deur die Ugandees-gebore akteur en skrywer, John Rwothomack, en vertel die storie van ʼn jong seun se reis van ʼn onskuldige kind tot ʼn kindersoldaat wat onder dwang in Noord-Uganda veg. Die opvoering het wêreldwyd lof verdien, onder meer op die Tua-Tiu-Tiann-internasionale kunsfees in Taiwan. Far Gone is volgende maand in die Baxter-teater in Kaapstad en in die Johannesburgse Teater te sien.
Internasionaal bekroonde toneelstuk, Far Gone, is in November in Suid-Afrika te sien